Die begin

Hierdie is die aantekening van ‘n reis. ‘n Reis na genesing, vrede en die ontdekking van daardie stukkie staal wat elkeen van ons binne ons het. Soms is dit begrawe onder hope gemors…

Leuens wat ons vir onsself vertel. Opinies van ander. Die verraad van ons geliefdes. Luiheid. Onregverdige en onrealistiese verwagtings. Skuldgevoelens. Gevoelens van inadequacy.

Elke dag is ‘n stryd tussen goed en kwaad, tussen liefde en haat, tussen hoop en twyfel.

Elke dag is ‘n geskenk en ‘n leerskool. Ek is meer nugter, sterker, skepties as voorheen, maar een ding is verseker. Ek is ‘n Survivor. ‘n Vrou met ‘n stukkie staal binne in haar. Staal wat elke dag blinker en meer sigbaar word.

4 Responses to Die begin

  1. murphy sê:

    Ek was lank terug waar jy nou is. Wel miskien nie so lank nie,,,vier jaar. Dit voel soos ‘n leeftyd. En dis ‘n blerrie harde pad.

  2. Ek is waar jy is, het 9 maande terug uitgevind van die verraad en ‘n kind uit die verhouding en ek sukkel maar een tree op ‘n slag vorentoe. Dis ‘n moeilike alleen seer pad.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s